Loading
2 Bedroom Property for Sale in Mookgopong Limpopo

R 1 490 000
video
video
video
video

Property features

  • R 1 490 000
  • 2 Bedrooms
  • 2.0 Bathrooms
  • 1 Living Room/s
  • Garage for 1  car/s
  • Outside Parking for 2 car/s
  • No Pets
  • Garden
  • Dining Room

Property Details

EKSKLUSIEWE MANDAAT - Ideale 2 slaapkamer, 2 badkamer aftreehuis te koop – Die Oog Aftree Landgoed

Hierdie pragtige en goed versorgde woning, geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, bied die ideale leefstyl vir diegene wat gemak, veiligheid en natuurskoon waardeer. Met 2 slaapkamers, 2 badkamers (waarvan een en-suite), ’n oopplan leefarea, toegemaakte patio en ekstra lengte motorhuis met afdak, is hierdie huisie perfek beplan vir gerieflike aftree-leef.

Wanneer jy deur die voordeur instap, word jy verwelkom deur ’n oopplan kombuis, eet- en sitkamer – ’n goed beplande ruimte wat lig en vloei bied, en genoeg plek het vir gemaklike leef en kuier. Die kookliefhebber sal die ontwerp waardeer waar die kombuis deel vorm van die geselskap, sodat niemand geïsoleer voel tydens kuiers nie.

Vanuit die sitkamer is die toegeslote patio sigbaar deur elegante glaspanele wat die leefarea van die patio skei. Hierdie deursigtigheid laat die area groter en ligter voel, en verbind die binne- en buiteleefruimtes op ’n natuurlike manier. Die patio is toegerus met ’n ingeboude braai, ideaal vir ontspanne naweke en saamkuier, en lei uit na ’n pragtige, tropies beplande tuin met boomvarings, broodbome en ’n keur van pragtige plante wat sorgvuldig uitgelê is. Die grasperk dra by tot ’n koel, rustige atmosfeer – ’n heerlike ruimte om in die natuur te sit en ontspan.

’n Gang lei vanaf die eetkamer verby die patio na die eerste slaapkamer, wat ruim genoeg is vir ’n dubbel- of koninginsgrootte bed. Groot vensters laat oorvloedige natuurlike lig binne en die ingeboude kas bied voldoende stoorplek. Reg langsaan is die tweede badkamer, toegerus met ’n bad, wasbak en toilet.

Aan die einde van die gang is die hoofslaapkamer, ’n rustige toevlug met ingeboude kaste aan weerskante van die klein gang wat lei na die en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. ’n Groot venster bied ’n pragtige uitsig oor die tuin, wat ’n gevoel van vrede en privaatheid skep.

Die woning is uitstekend onderhou – net intrek en bly. Dit bied genoeg ruimte vir gemak, maar bly steeds knus en intiem. Die oopplan leefarea bevorder sosiale interaksie en ’n warm atmosfeer. Die afdak voor die ekstra lengte motorhuis bied addisionele parkering of beskutting vir ’n tweede voertuig.

Klein ekstras is die tydskakelaar op die geyser asook 'n klein inverter wat tydens probleme met eskomkrag die ligte aanhou.

Hierdie huis is die perfekte kombinasie van gerief, styl en natuurlewe – ’n plek waar jy werklik kan ontspan en die lewe ten volle kan geniet in die veilige en rustige omgewing van Die Oog Aftree Landgoed.

Die Oord is bekend vir sy "aktiewe veroudering" leefstyl met aktiwiteite soos lyndans klasse, jukskei, wateroefeninge, pilatus, natuurstappe in die natuurreservaat, voëlkyk en boomkyk uitstappies ens. Die verwarmde swembad is 'n heerlike plek van samekoms, gesonde oefening en kuiers tot saans laat.

Die eetsaal bied heerike etes teen spotgoedkoop pryse en die groot stoep bied menige pret aande soos bingo, stomstreke en gesellige samekomste.

Hier is elke dag soos om deel te wees van 'n groot familie met 'n vriendelike kultuur waar almal hulpvaardig is en 'n omgeekultuur.

Hierdie huis is die ideale ruimte om jou laaste jare voluit te kom leef! Maak seker jy verloor nie 'n kans op die perfekte tuiste en skakel my vandag nog!

Vrywaringskennisgewing:
Inligting op hierdie webwerf word te goeder trou verskaf en geag akkuraat te wees tydens publikasie. Die agent en agentskap aanvaar geen aanspreeklikheid vir foute, weglatings of veranderings nie. Koper(s) word aangeraai om alle besonderhede self te verifieer.

Bond Calculator

Calculate your estimated monthly bond repayment for this property

% R

Property Investment Calculator

Buying to invest? Analyse this property's investment potential

Calculate cash flow projections, ROI, rental yields, and see when this property could start making you money. Get a detailed 20-year investment analysis with tax benefits.

Analyse Investment Returns

Get in touch with Agent

For your convenience you will be automatically added to our area alerts.

Subscribe to regular
updates

Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.

Property Not Available? Report it